Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Opgekapte liggaam van vrou in toilet gevind
Illustrasie foto: by Javardh on Unsplash

’n Wrede moord op ’n vrou van Keimoes het die dorp geruk nadat die polisie haar liggaam in stukkies in ’n toilet gevind het.

’n 25-Jarige man is gister op die dorp in hegtenis geneem nadat die polisie ’n opgekapte liggaam van die vrou in ’n kuiltoilet in die verdagte se tuin gevind het.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het die voorval bevestig.

“Die omstandighede rondom die moord word ondersoek en ’n nadoodse ondersoek sal meer lig werp as die slagoffer seksueel aangerand was,” het Ramatseba gesê.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting oor die identiteit van die slagoffer word versoek om die ondersoekbeampte te kontak by: 082 260 0548 of 082 495 4848.

Die stasiebevelvoerder op Keimoes, lt. Kol Barney Visagie kan ook gekontak word by: 082 301 9943.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES