Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Cogsta LUR besoek Kamiesberg
LUR Bently Vass met plaaslike leiers, Gillian Pieters, Riaan Cloete en Mervin Cloete

Die LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake (Coghsta) in die provinsie, Bentley Vass het vandeesweek ‘n uireikingsprogram in die Kamiesbergstreek  geloods .

Vass het Dinsdag die area besoek om behoeftes van persone met maatskaplike uitdagings aan te spreek.

Vass was vergesel deur verskeie plaaslike leiers, insluitend die uitvoerende burgemeester van die distriksmunisipaliteit, Mervin Cloete, speaker Gillian Pieters, burgemeester van die Kamiesberg Susarah Nero, Nama Khoi burgemeester Riaan Cloete en verskeie ander raadslede, asook lede vanuit sy kantoor.

Hier het Vass gemeenskapsleiers aangemoedig om ‘n helpende hand uit te reik aan minderbevoorregte mense.

“Leiers moet voortdurend daarna streef om die behoeftes van ons mense aan te spreek.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *