Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Kragonderbrekings kan lei tot droë Kersfees
Illustrasie foto: Jouni Rajala on Unsplash

Die Nama Khoi munisipaliteit waarsku dat moontlike wateronderbrekings gedurende die feestyd ondervind mag word.

Luidens ‘n kennisgewing wat die munisipaliteit uitgereik het, kan die onderbrekings toegeskryf word aan die instelling van beurtkrag wat lei tot lae druk.

Die munisipaliteit waarsku ook dat onderbrekings daartoe gelei het dat geskeduleerde tye vir pompe beïnvloed word.

Die munisipaliteit versoek egter dat inwoners en plaaslike besighede die gebruik van water beperk- en of reeds gebruikte water veeldoelig aanwend.

“Nama Khoi munisipaliteit se amptenare sal alles in hul vermoeë doen om damvlakke so hoog as moontlik te hou.”

Inwoners word aangeraai om die volgende nommer te skakel indien wateronderbrekings ondervind word: 079 924 3092.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *