Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

VIDEO & GALLERY: Groot pryse gewen by Springbok Superspar
Jane Julies het 'n koopbewys van R36 000 gewen. Steffani van Wyk van Springbok Superspar het haar prys oorhandig. Fotos: Jason Milford

Kersfees het vanjaar vroeg gekom vir vyf Namakwalanders toe elk vanoggend ongelooflike pryse vanaf Springbok Superspar weggedra het.

Die pryse is gewen deur Springbok Superspar se promosie wat daarop gemik is om terug te gee aan sy getroue klante.

Tydens ’n buite-uitsending deur Radio NFM 98.1, het die vyf klante vyf geseëlde geskenk-pakkies ontvang waarin hul geheime pryse versteek was.

Omroepers Richard Theron en Lyntjie Jaars het onderhoude met die bestuur en deelnemers behartig.

Jane Julies van Okiep het die grootprys losgeslaan toe daar ’n geskenkbewys van R36 000 daarin versteek was.

Sylvester Jantjies en Janice Cloete het elk ’n halwe lam gewen; Patrick Cloete het Deli-spesserye gewen van R500 en Anne Engelbrecht het ’n varkie oond gewen.

Johan Burger van Springbok Superspar het alle wenners geluk gewens met hul pryse.

“Ons is maarnet ’n platform en sonder ons gemeenskap kan ons niks doen nie. As ons nie terugploeg nie, dan gaan ons nie bestaan nie. Ons gemeenskap is ons toekoms en groot dryfkrag,” het Burger gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *