Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Veediewe agter tralies vir moord
Die Kuruman polisie se forensiese ondersoekspan by die vlakgraf waar die 48-jarige slagoffer begrawe was. Fotos: Verskaf.

Vier verdagtes tussen die ouderdomme van 40 en 80 het Woensdag voor die landdroshof in Kuruman verskyn op aanklagte van ontvoering, moord en veediefstal.

Op Maandag, 23 Desember is ‘n polisieondersoek gelas nadat ‘n man se liggaam ontdek is wat in ‘n vlak graf in die bosse in die Galotlhare Village naby die dorp begrawe is.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die verdagtes ‘n 48-jarige man kon vermoor, en toe begrawe het.

Die oorledene is verlede Donderdag laas gesien.

“Die verdagtes het na die skaapkraal van die oorledene se veepos in die dorp gegaan en 13 skape in ‘n wit Ford Ranger-bakkie gelaai,” het Ramatseba gesê.

Hy het gesê die bakkie van die verdagte het egter sonder brandstof op ‘n gruispad tot stilstand gekom, en daarom is hulle met ‘n bakkie en 13 skape daarop op heterdaad betrap.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *