Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

NASIONAAL: Gewapende rowers teister toeriste
Illustrasie foto: Max Kleinen on Unsplash

Ongeveer nege toeriste is van waardevolle items beroof in ’n vakansiehuis in Phalaborwa nadat drie gewapende rowers dié perseel bestorm en met die slagoffers se huurmotor weggevlug het.

Die nasionale kommissaris van die polisie, Generaal Khehla John Sitole, het ’n groot mobilisasie-eenheid ontplooi om die verdagtes op te spoor wat die toeriste Donderdagaand aangeval het.

’n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Vishnu Naidoo het in ’n verklaring gesê na bewering het ’n groep van ten minste drie gewapende mans omstreeks 20h00 op 26 Desember ’n vakansiehuis op ’n erf in Siloque, Phalaborwa binnegekom.

“Die verdagtes het nege buitelandse toeriste met vuurwapens aangehou en beroof van waardevolle items wat ’n skootrekenaar, 10 selfone, juweliersware en ‘n kontantbedrag van meer as R5 000 insluit.”

Naidoo sê die verdagtes het vanaf die toneel gevlug met die slagoffers se gehuurde Mercedes Benz ML.

Die voertuig is op ’n latere stadium verlate in die bosse langs die hoofweg van Siloque, ongeveer 10km van die toneel gevind.

Die polisie in Phalaborwa het ‘n massiewe soektog van stapel gestuur na die huisroof.

Die nasionale kommissaris is ingelig deur die provinsiale kommissaris van Limpopo, Luitenant-Generaal Nneke Ledwaba, wat die 72 Aktiveringsplan geïnisieer het deur ‘n span ondersoekers saam te stel om die verdagtes op te spoor en te bespreek.

Vroeër vandeesmaand het die nasionale kommissaris van die polisie en die direkteur-generaal van toerisme ‘n memorandum van ooreenkoms tussen die twee departemente aangegaan om die misdaad teen toeriste, sowel buitelandse as binnelandse, meer beslissend te hanteer.

“Onder die beloftes wat gemaak is, was die groter polisiesigbaarheid in hotspot-gebiede sowel as om die bestaande Toerismemonitors en polisie-reserviste op te lei, wat sal help om as ‘n magtige vermenigvuldiger by toeristebestemmings te dien,” het Sitole gesê.

Dit is amptelik aangekondig tydens ’n gesamentlike pers-inligtingsessie deur onderskeidelik die ministers van polisie en toerisme, Generaal Bheki Cele en minister Mmamoloko Kubayi-Ngubane.

Dit beklemtoon die erns waarmee die SA-regering die veiligheid van beskou. “Ons wil daarom ’n ernstige beroep op die Suid-Afrikaanse samelewing doen om misdadigers wat hierdie gruwelike dade pleeg, aan te meld,” het Sitole bygevoeg.

“Ons doen ’n beroep op elkeen met inligting oor hierdie jongste misdaad om die polisie se misdaadstopnommer 086 00 10111 te kontak, óf inligting kan via die MySAPSApp verstrek word. Persone mag anoniem bly en alle inligting sal met die grootste vertroue behandel word.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *