Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Kriminele sit vir nuwe jaar agter tralies
Sien gallery: Verskeie persone is vas vir verskeie oortredings. Fotos: Verskaf.

Verskeie misdadigers het met die aanbreek van die nuwe jaar hul rieme styf geloop tydens polisie-operasies gedurende die feesseisoen.

Ongeveer ses persone is in hegtenis geneem vir dwelms, besit van vuurwapens, identiteitsdokumente en geldwassery onder andere.

In Kimberley is vyf persone vas nadat polisie verskeie persele deursoek het en beslag gelê op mandrax, dagga, SASSA-kaarte, identiteitsdokumente, bankkaarte en kontant.

Die verdagtes is tussen die ouderdomme van 22- en 45-jaar oud.

Hul inhegtenisnemings op die verskillende aanklagtes sluit in; handel in dagga en die oortreding van artikel 52 van die Nasionale Kredietwet.

‘n 43-Jarige man is op Oujaarsdag in hegtenis geneem in Deben op Kathu toe dagga, ‘n plastiek-pistool, bankkaarte, identiteitsdokumente, ‘n geweerteleskoop en ‘n bedrag geld in sy huis gevind was.

Dié verdagte staar klagtes van geldwassery en die handel van dwelms in die gesig.

Alle verdagtes het reeds in die verskeie howe verskyn.

Ondesoeke duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES