Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Skoolbrood projek vir Namakwa
Namaqualand Manne van God

Die Namaqualand Manne van God en Radio NFM Nuus vat hande om ‘n Skoolbrood projek 2020 op die been te bring om minder-bevoorregte leerders te help.

Die projek behels die insameling van skryfbehoeftes, boeke- en boekoortreksel.

Een van die organiseerders, Andy Brandt het gesê skoolklere, skoene en sakke sal ook verwelkom word.

“Die skool voorraad wat ingesamel word is om leerders te help om ’n sukses van sy of haar skool loopbaan van 2020 te maak.”

Brandt meld dat huidige ekonomiese uitdagings in die Namakwa distrik maak dit egter moeilik vir ouers, veral enkelouers om kop bo water te hou.

“Die projek moet juis ouers wat in hierdie omstandighede vasgevang is, te help.”

Brandt het verder gesê dat indien iemand wat daartoe instaat is, selfs ‘n leerder kan aanneem op enige skool in die distrik om die leerders se skoolfooie te vir die jaar te betaal.

Enige persoon wat wil deel uitmaak van die projek, kan Radio NFM Nuus kontak by: 067 224 1249 of Andy Brandt by 082 063 5782.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES