Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Keimoes inwoners ruk op teen dwelmbase
Die Keimoes gemeenskap het deur die strate betoog teen dwelmbase. Fotos: Facebook.

Inwoners op Keimoes het in ’n protes-aksie opgeruk teen dwelmbase.

Dié aksie kom nadat ’n polisiekonstabel vandeesweek van Upington op die dorp vermoor is.

Konstable Stefano Visagie het in ’n vriend se huis geslaap waar hy die aand sou spandeer.

Sy liggaam is egter die volgende oggend ontdek waar sy moordbeskuldigde glo deur ’n venster toegang verkry het voordat hy Visagie noodlottig met ‘n mes gewond het.

Die gemeenskappe hiér blammeer buitelandse dwelmbase vir dié moord.

’n Inskrywing op sosiale media is van mening dat dwelmbase in weelde leef terwyl die gemeenskap gebuk gaan onder armoede.

“Vandag het die gemeenskap hande gevat met Upington. Ons is moeg. Ons wil nou na geluister word.”

Die gemeenskap het 35 huise op die dorp geïdentifiseer wat glo deur dwelmhandelaars gehuur word en het die van die !Kai Gariep munisipaliteit versoek om kragvoorsiening na dié huise te staak.

Die gemeenskap beplan ook dat persone wat hul staatstoelaes vir dwems gebruik, dat hul toelaes gestop word.

Blykbaar hou die dwelmhandelaars mense se toelae-kaarte in hul besit om terugbetalings vir dwelms, te verseker.

“In een buitelandse burger se besit is oor die 600 SASSA kaarte in ’n kosblik gekry.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *