Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

NUUSFLITS: Botsing op N14 eis polisieman se lewe
Die bus wat 55 passasiers van die Kamiesberg-streek vervoer het sowel as die ligte voertuig, het in die voorval uitgebrand. Foto: Verskaf.

’n Polisieman verbonde aan die Upington polisie is gisteraand dood in ’n kop-aan-kop botsing met ’n bus op die N14 tussen Upington en Keimoes.

Die ligte sedan voertuig het aan die brand geslaan ten tye van die botsing waarvan die insittende polisie-bampte noodlotting gebrand het.

Hy is later geïdentifiseer as adjudant-offisier Stefanus van Rooy.

Beide voertui het uitgebrand.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Gerrit Mouton het die voorval bevestig.

Mouton het gesê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die bus het 55 insittendes van die Kamiesberg-streek vervoer ten tye van die ongeluk.

Die passasiers wat geringe beserings opgedoen het, is by die Dokter Harry-Surtie Hospitaal op Upington behandel.

Verslaggewing van sleutelbordkrygers op sosiale media het aangedui dat die bus ANC-lede van die Namakwa-streek vervoer het wat vroeër die party se 108ste bestaansjaarvieringe in Kimberley bygewoon het.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *