Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Geen reën word die week verwag in die Noord Kaap

Die onlangse reënval in sekere dele van Namakwaland is steeds nie genoeg om verligting aan plaaslike boere te bied nie.

Die reënval was egter beperk, maar boere bly steeds op hul knieë vir meer reëns.

“Die Noord Kaap sal hierdie week min tot geen reën sien”, sê Tonie Russow, woordvoerder by die Suid Afrikaanse Weerdienste.

Russow voeg egter by dat dit nie ’n slegte aanduiding is nie aangesien die Noord Kaap se reënvalseisoen eers in Maart vanjaar begin.

Nicol Jansen, president van Agri Koord-Kaap, maak melding op die feit dat dit belangrik is om die droogte in die provinsie te beklemtoon.

Ondanks neerslae verlede week in areas soos die sentrale, suidelike en westelike dele van die Noord Kaap, was die provinsie alreeds verlede Vrydag as rampgebied verklaar.

Bogemiddelde reën is dus nodig in die droogterampgebied alhoewel dit steeds nie die droogte onmiddelik sal kan breek nie, sê Jansen.

Daar is slegs drie maande oor voor die somerreënvalseisoen in die grootste deel van die Noord Kaap sal begin.

Boere in en rondom die Namakwa-distrik bid onverpoosd vir ’n ommekeer in die kommerwekkende situasie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *