Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Kardiewe gevang ná kaping
Illustrasie foto: Jason Milford

Lede verbonde aan die Kimberley se sigbaarheidspolisie het gister, 20 Januarie vier verdagtes (twee mans en vrouens) in ‘n huis in Colville gearresteer vir motordiefstal.

Kolonel Mashay Gamieldien, ‘n woordvoerder vir die polisie sê na bewering het ‘n 54-jarige man ‘n vrou ‘n saamrygeleentheid gebied en in Barkley-weg stilgehou waar sy afgeklim het.

“Die klaer is toe deur twee onbekende mans genader wat hom uit sy grys Polo VIVO met ‘n mes gedwing het voordat hulle met die voertuig gevlug het,” het Gamieldien gesê.

Gamieldien sê die polisie het onmiddelik gereageer toe die klaer die polisie skakel.

“Nadat die opsporingstoestel in die voertuig geaktiveer is, het dit die polisie na ‘n huis in Colville gelei waar die gesteelde voertuig teruggevind is.”

Vier verdagtes, twee mans van 32- en 33-jaar oud, asook twee vrouens van 26- en 33-jaar oud is by die huis in Colville waar die gesteelde voertuig geleë is, gevind.

Daar is ook later vasgestel dat die vuurwapen van die klaer wat ten tye van die voorval in die voertuig was, ook in die veld naby die voertuig, teruggevind.

Die vier verdagtes is gearresteer en sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van motorkaping.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *