Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Jong seun “spoorloos” verdwyn
Ezeke Matthews het spoorloos verdwyn. Foto: Verskaf.

Die 12-jarige Ezeke Matthews, was vroeër vanjaar as vermis aangemeld.

Matthews wat woonagtig is in Wesbank in die Wes-Kaap, het tydens die Desember vakansie sy familie in Loeriesfontein gaan kuier.

Hy het op 5 Januarie besluit om te ryloop terug Kaapstad toe en was laas gesien in ’n bloukleuerige t-hemp, rooi  All Star tekkies en ’n rooi kwart-broek aan.

Die ondersoekbeampte in die soektog, Gershwin Sersant Vollmer van die Loerisefontein polisie, het aan Radio Nfm gesê dat die-12 jarige, na wat beweer word, laas ’n ry geleentheid gekry het na Niewoudtville “en daarna het sy spoor doodgeloop.”

Indien enige iemand weet waar die seun hom bevind of hom opmerk kan u kontak maak met die Loeriesfontein polisie by 027 662 8700 of 082 448 4713.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *