Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

12 jarige vermiste ongedeerd gevind
Ezeke Matthews Foto: verskaf

Die 12-jarige Ezeke Matthews, wat vroeër vanjaar as vermis aangemeld is, is ongedeerd op ‘n plaas op Klawer aangetref.

Die ondersoekbeampte in die verdywing van die seun, Sersant Gershwin Vollmer van die Loeriesfontein polisie, het sy opsporing bevestig.

Vroeër het Radio NFM berig dat Zeke op 5 Januarie geryloop het na Kaapstad en het na wat beweer word, laas ’n ry geleentheid gekry na Niewoudtville “en daarna het hy “spoorloos berdwyn.”

Die polisie op Klawer het verneem van die verdwyning van die seun en het dit opgevolg en ’n foto deurgestuur na die polisie op Loeriesfontein wat hom positief geïdentifiseer het as Ezeke Matthews.

Die polisie sê Ezeke is by sy volle bewussyn en sal binnekort met sy familie verenig word.

Kaptein du Plessis van die Loeriesfontein polisie het Ezeke op Klawer gaan haal.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *