Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Man vir die dood gelaat ná tref-en-trap
Image: saps.gov.za

’n 30-Jarige man sterk steeds aan in die hospitaal in Kimberely nadat hy ernstige beserings opgedoen het in ‘n tref-en-trap voorval.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê die voorval het reeds op 23 Januarie plaasgevind.

Kock het gesê die slagoffer het omstreeks 19:30 die aand gaan draf en was in Langstraat toe hy deur ’n voertuig voor ’n besigheid in die sakegebied getref is.

Die bestuurder van die voertuig het die man getref en weggejaag.

Die polisie doen egter ’n beroep op enige persoon met inligting of wat die voorval gesien het, om na vore te kom.

Die ondersoekbeampte kan gekontak word deur 083 236 5942 te skakel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *