Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Mynproefprojek beloof om onwettige delwery aan te spreek
Eienaar van LOR Diamonds, Chris Kimber en Gaob Paul Swart. Foto: Verskaf.

Die BondelSwart Nama Tradisionele Owerheid (BNTA) in samewerking met die Lower Orange River Diamonds (LOR) gaan binnekort ‘n projek loods om werklose mynwerkers in diens te neem as ‘n stap om onwettige delwery hok te slaan.

Die leier van die BNTA, Gaob Paul Swartbooi het gesê hy is  verheug oor die mynmaatskappy se toewyding om dié projek saam met Namakwaland se gemeenskappe te begin.

“Ons waardeer die samewerking van LOR opreg om te verseker dat my mense aan die minerale rykdom van Namaland deelneem.”

“Ons is baie nederig oor die erkenning van die BNTA deur LOR, sowel as hul bereidwilligheid, juis omdat ons deur hul toewyding die sosio-ekonomiese uitdagings in Namaland kan aanspreek,” het Swartbooi gesê.

Swartbooi het ook verder gesê hy is bly vir die ywerigheid van die Sandrift-gemeenskap vir hul ondersteuning.

“Ons verwelkom egter ook die voorstel en toewyding LOR om ook in die toekoms ander projekte van stapel te stuur, veral die landbouprojek wat uiteindelik mense sal bemagtig wat nie in mynbou belangstel nie. ”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *