Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Kommer oor SASSA toelae

Onvoldoende betalings en bedrieglike onttrekkings is van die kwessies wat SASSA in die Nood Kaap takel.

Inno Khuno, hoof van kommunikasie van SASSA (Suid Afrikaanse Maatskaplike Sekerheids-toelae), het tydens ‘n onderhoud aan Radio NFM Nuus gesê daar word uitdagings ondervind deur begunstigdes wat nog nie hul maatskaplike toelaes ontvang het nie.

Khuno het gesê dat dit nie ‘n eenvoudige probleem van SASSA is nie en dat die probleem by enige rolspeler kan lê, insluitend die begunstigde self.

Khuno verduidelik dat daar kan verskeie redes wees, maar dat een van die belangrikste is dat begunstigdes versuim om betyds hersiening by SASSA te doen. In meeste gevalle is dit persone wat ongeskiktheidstoelaes ontvang.

“Wanneer die persone nie in die hande gekry word nie, word daar ‘n versoek gerig dat begunstigdes hul besonderhede moet opdateer  by hul naaste SASSA-kantoor en dan daag hulle nie op nie.”

“Die enigste manier om hul dan telaat inkom is om hul toelaes tydelik te staak. Persone wat ongeskiktheidstoelaes ontvang word elke vyf jaar hersien.”

Khuno het egter gesê die wet maak voorsiening dat daar eers met briewe gekomunikeer moet word waarvan begunstigdes 90-dae grasie het om te reageer en SASSA kyk dan ook of die persone nog lewe.

Ander redes is dat toelaes wat nie betaal was geblok was deur SAPO (Suid Afrikaanse Poskantoor), wat ‘n bankreking by die poskantoor het en die rede daarvoor is dat die persoon nie sy bankbesonderhede bevestig het nie.

Die begunstigde kry ‘n vorm wat die bank moet invul sowel as SASSA en dit moet ooreenstem met mekaar.

In baie gevalle sit die begunstigde met die vorm by die huis.

In die geval van kindertoelae moet die ouer wat agter die kind kyk, die aansoek indien en baie gevalle wil hul dus die kind se toelae in ‘n bankrekening inbetaal.

Wanneer die rekening oopgemaak word, word dit nie in die ma se naam oopgemaak, wie die aansoek ingedien het, maar in die kind se naam.

Khuno verduidelik wanneer die inbetaling gemaak word, word daar agtergekom dat die ma se besonderhede en die bank se besonderhede verskil.

SASSA het ouers gewaarsku teen die terugbetaling van maatskaplike toelaes vir oorlede babas.

“Ouers word gewaarsku om nie met bedrieglike aktiwiteite voort te gaan nie deur finansiële baat te vind by SASSA vir ‘n kind wat reeds gesterf het nie.”

“Dit is ongevoelig en ook ‘n kriminele oortreding.”

Die begunstigdes wat nie hul toelaes ontvang het moet hul naaste SASSA kantoor besoek, sodat elke persoon op die stelsel bevestig kan word en wat die rede was dat die persoon se toelae gestop was.

Vir siek, gestremde en ouer persone wat by die huis is word huis besoeke gereël mits hulle die 0800 003 077 skakel vir die huisbesoek.

Afhangend van die rede waarom hul toelaes gestop het, kan hul binne ‘n maand hul toelaes ontvang indien hulle nie reeds by die naaste SASSA-kantoor aangemeld het nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *