Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Man vas vir eie ma se moord en verkragting
Illustrasie foto: by Javardh on Unsplash

‘n 36-Jarige man is in hegtenis geneem vir die beweerde moord en verkragting op sy eie ma op Modderrivier.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die verdagte was onder die invloed van alkohol ten tye van die voorval.

“Na bewering het die verdagte en sy ma die aand van Sondag 02 Februarie op Rietvale saam alkohol onder ‘n boom gesit en drink.”

Ramatseba het gesê ‘n verbyganger het blykbaar die verdagte op heterdaad betrap waar het met sy ‘ma’ doenig was.

“Die polisie is in kennis gestel en ongelukkig is die slagoffer dood gevind. Die verdagte is later gearresteer.”

Ramatseba het gesê dat ‘n nadoodse ondesoek het aan die lig gebring dat die slagoffer verwurg is.

Die verdagte het na verwagting vandag, 5 Februarie in die Modderriver-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en moord.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *