Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

LUISTER: Plaaslike politici ondersteun nie gemeenskap se pleit vir ’n veiliger dorp
Die Calvinia gemeenskap staan staam teen misdaad en dwelms op hul dorp. Foto: Verskaf.

Die Calvinia-gemeenskap is steeds daartoe verbind om hul strate veilig te hou van dwelmsmouse en misdaad op die dorp.

Die gemeenskap het verlede maand in groot groepe opgedaag om kwaaddoeners uit die dorp te jaag.

’n Lid van die gemeenskap, Selvyn Theys (35), sê bende-bedrywighede het die gemeenskap in ’n staat van weerloosheid geplaas en dit het hom bang gemaak.

’n Plaaslik bekende bende-groep, die Terrible Joster Gang, het intussen die hasepad gekies.

Theys het aan Radio NFM Nuus genoem dat die aksie steeds in volle swang is, maar dat die gemeenskap teenkanting van plaaslike politieke leiers kry.

“Ons het ’n skrywe aan die premier, dr. Zamani Saul gerig om in te gryp en plaaslike politieke leiers aan te spreek,” het Theys gesê.

Theys het verder gesê hy is trots om die Calvinia-gemeenskap wat tot dusver saamgestaan het om die strate veilig te hou.

“Ons gaan weer later vanaand ’n gebedseremonie hê waar ons deur die dorp gaan stap en op die plekke waar die misdrywes plaasvind, staan en bid.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *