Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Kimberley moordenaar vir 18 jaar agter tralies
Illustrasie foto: by Javardh on Unsplash

KIMBERLEY – ’n Man is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy na bewering ’n 16-jarige meisie vermoor het.

Voordat die moordsaak geopen is, het die polisie se soek-en-reddingspan ’n halfnaakte lyk met noodlottige snywonde aan die keel gevind. Die tiener se liggaam is op 6 Junie 2019 in ‘n veld by Breipaal naby Douglas ontdek.

Op 7 Februarie was Rodrich Riaan Franck in die Kimberley Hooggeregshof skuldig bevind aan die oortreding. Hy is deiselfde dag gevonnis.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die voorval op 02 Junie 2019 plaasgevind het.

Die polisieverklaring lui dat Franck skuldig bevind was aan meer as een aanklag.

Franck is skuldig bevind aan moord en is tronkstraf opgelê vir 18 jaar.

Hy gaan ook 12 maande vir die diefstal van ’n selfoon en 9 maande vir dwarsboming van die gereg, agter tralies deurbring.

Alle vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *