Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Onduidelikhede oor Sassa-toelaes uitgeklaar
www.sassa.gov.za

Die woordvoerder van Sassa in die Noord-Kaap, Inno Khuno het vanoggend in ’n telefoniese onderhoud tydens die NFM Ontbytprogram, alle vrae en onduidelikhede oor vandeesmaand se toelaes verduidelik.

Khuno het gevra dat begunstigdes van die sekerheidstoelaes (SASSA) geduldig moet wees nadat uitbetalings steeds voortgaan soos normaal.

Die betaaldatums van Sassa-toelaes is egter aangepas nadat die President vandeesweek ’n landwye inperking van 21-dae aangekondig het.

Betaaldatums vir Maart 2020 se toelaes is soos volg:

Pensioentrekkers – 30 en 31 Maart 2020
Ongeskiktheidstoelaes – 30 en 31 Maart 2020
Kindertoelaes – 01 April 2020
Ander – 01 April 2020

Toelae-ontrekkings by poskantore en gemeenskapsale – 03 April 2020

Khuno het ook gevra dat diegene wat hul toelaes trek, asb die nodige veiligheidsmaatreëls toe te pas.

Om jou hande te was of ontsmet met ’n handsanitêre middel voor en nadat jy by die OTM ’n ontrekking gedoen het, is noodsaaklik.

Sassa begunstigdes moet ook let op die een-meter sosiale distansie wat ten alle tye, veral in publieke spasies toegepas moet word.

Khuno het gewaarsku dat rye steeds lank mag wees, maar begunstigdes hoef nie te kommer, aangesien geen toelaes teruggetrek sal word nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES