Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Stortingsterrein families word verras met kruideniersware

Namakwalanders het vanoggend vanaf verskeie dorpe na Springbok gehaas om laaste minuut inkopies te doen, na mate die Inperking wat deur pres. Cyril Ramaphosa ingestel is.

Die Inperking neem effek om middernag.

Die hoë verkeersdruk het bykans die vloei tot stilstand gebring.

en die publiek het in lang rye gestaan in afwagting om inkopiebeurte te kry.

Verskeie kettingwinkels en plaaslike besighede het die toelating van kopers tot ’n sekere aantal beperk. Dit het egter veroorsaak dat rye langer word en kopers vir langer periodes die hitte buite op die sypaadjie moes trotseer.

Maar, haweloses wat al vir etlike jare op die stortingsterrein buite Bergsig woon, is vreesbevange vir die Coronavirus.

Tydens ’n regstreekse uitsending op Radio NFM het bewoners hul misnoë uitgespreek.

Die stortingsterrein was tot dusvêr ’n bron van inkomste en ‘veilige’ hawe vir ongeveer 24 gesinne.

Een van die bewoners, Wendy van Zyl het aan Radio NFM Nuus gesê sy is nie net bekommerd oor haarself nie, maar vir die res van die gesinne wat daar woon.

“Ons is soos een groot familie en ons gee om vir mekaar. Ons moet bid en vertrou dat ons veilig sal wees.”

Verder sê van Zyl dat hul ‘inkomste’ om aan die lewe te bly ook nou in gedrang is met die Inperking.

Dié bewoners van die stortingsterrein het egter breed geglimlag toe Nico Jano van die welwillendheidsorganisasie, Care for Action, kospakkies afgelewer het.

Jano het sowat 40 kruideniersware pakkies aan haweloses in die Namakwa-distrik oorhandig om hul “deur dié moeilike tyd te help.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES