Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Eerste dag van Inperking in Namakwaland
Springbok het gister 'n drastiese toename in kopers ondervind wat hulself gereed gekry het vir die inperking. Foto: Jason Milford

Die landwye inperking wat ingestel is om die verspreiding van die COVID-19 virus te verhoed, het op sy eerste dag reeds verkeie uitdagings meegebring.

Kits-en-stemboodskappe aan Radio NFM Nuus het onthul dat die publiek op hul tuisdorpe sukkel om kontant ontrekkings by OTM masjiene te maak.

Mense is warm onder die kraag omdat bankdienste nie hul OTM masjiene op dorpe buite Springbok met kontant herlaai nie.

Die toestroming van mense na Springbok vir maandelikse aankope het sedert gister drasties verminder.

Verskeie winkels en kitskosverkopers wat nie as noodsaaklik beskou word nie, se deure het reeds gister gesluit.

Die staatskoerant het aangedui dat noodsaaklike dienste steeds aan die publiek beskikbaar moet wees tydens die inperking. Dit sluit onder andere in kragvoorsieners en kruideniersware- en mediese redes.

Die Noord-Kaapse regering het intussen R38 miljoen bewillig vir kruideniersware pakkies om regoor die provinsie aan behoeftig oorhandig te word.

Sowat 47 700 pakkies sal versprei word aan tehuise vir bejaardes, kinder- en jeugsentrums.

Dr. Zamani Saul het gesê ses skuilings vir haweloses is geopen en 550 000 liter water gaan aan informele nedersettings daagligs voorsien word.

Please follow and like us:
News

One thought on “Eerste dag van Inperking in Namakwaland

  1. Wat van formele nedersettings wat sonder water sit soos Garies, Kharkams, Kroonzicht en Kamieskroon?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES