Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

LUISTER: Openbare vervoer-ure verleng vir staatstoelaes
Illustrasie foto: Tristan Hess on Unsplash

Na die aankondiging van president Cyril Ramaphosa oor die vroeë toekenning van maatskaplike toelaes, het ‘n aantal bedryfsliggame vertoë gerig oor die inkorting van ure wat openbare vervoer toegelaat word om te werk.

’n Soortgelyke versoek is deur die minister van maatskaplike ontwikkeling Lindiwe Sisulu, gerig.

Na oorweging op Sisulu se versoek en vertoë deur verskillende instansies in die bedryf, insluitend die taxibedryf, het Mbalula besluit om die aanwysings vir openbare vervoer te wysig ten einde ontvangers van staatstoelaes ​​te akkommodeer.

Vanaf môre, 30 Maart tot Vrydag, 3 April word busse en taxi’s toegelaat om vanaf 05:00 soggens tot 20:00 saans operasioneel te wees om in die vervoerbehoeftes van die mees kwesbare gemeenskappe te voorsien.

Die uitoefening van sosiale afstand deur almal wat openbare vervoer gebruik, moet waargeneem word.

Ontvangers van toelaes moet hul identiteitsdokumente en SASSA-kaarte saamneem wanneer hulle met openbare vervoer reis, om wetstoepassingspogings te help.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES