Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Noord-Kaap nou 5 gevalle van Covid-19 – ‘Onbekende gevalle kommerwekkend’
Die Nasionale Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize. Foto: DIRCO

Die jongste getalle van persone wat met die Covid-19 virus in die Noord-Kaap besmet is, staan nou op vyf.

Meers as 31 963 persone is al getoets vir die virus. Die departement van gesondheid het gister die nasionale getal van 1187 aangekondig.

Die Covid-19 virus het tot op hede, een persoon se lewe in die Wes-Kaap geeïs- en 31 persone het ten volle herstel.

Die Nasionale Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize het vandeesweek gesê die toenemende aantal pasiënte wat onopspoorbaar geword het is kommerwekkend.

Mkhize het die kwessie van nie-toegewese gevalle aangespreek van pasiënte wat bevestig is dat hulle besmet is met COVID-19, maar nie aan ’n spesifieke provinsie ingedeel kan word nie.

Boonop het Mkhize gemerk dat die gebrek aan ’n behoorlike protokol die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD), wat die taak het om data van alle geassosieerde laboratoriums te ontleed, onder ernstige druk sou plaas.

Oor die kritieke behoefte aan basiese inligting en die potensieel rampspoedige impak wat die gebrek aan persoonlike besonderhede op die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel kan hê, het Mkhize gesê dit blyk ’n administratiewe las te wees.

“Indien dit nie reggestel word nie, sal dit ons pogings om onmiddellik in kontak te wees met pasiënte wat positief getoets het, belemmer.”

Mkhize het bygevoeg dat die doeltreffendheid van spoorspanne en daaropvolgende kwarantines van uiterste belang was om die toename onder beheer te kry en blootstelling aan die dodelike COVID-19-virus te verminder.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES