Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Paartjie op Port Nolloth dood
Tony Hilliar (54) en Alida Fouche (42) is dood aangetref in ’n woonstel op Port Nolloth. Foto: Facebook.

’n Verloofde paartjie op Port Nolloth is gister dood, vermoedelik weens alkoholvergiftiging.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê met die polisie se aankoms by hul woonstel, is Alida Fouche (42) op die toneel dood verklaar en Tony Hilliar (54) is na die hospitaal gehaas vir medise behandeling.

Hilliar is later in die hospitaal dood. ’n Dossier is geopen om hul dood te ondersoek.

Ramatseba het gesê twee leë bottels wat glo tuisgemaakte brousel bevat het, is ook in die woonstel gevind en gestuur vir forensiese toetse.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES