Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
LUSITER: Seisoenale werkers terug na hul provinsies gepos
Die seisoenale werkers is Vrydag vanaf die Springbok skougronde teruggestuur na hul eie provinsies. Foto: Verskaf.

Die Namakwa-distriksmunisipaliteit was genoodsaak om 38 haweloses terug na hul provinsies te pos nadat die persone onder valse voorwendsels na die distrik gelok is met werksgeleenthede.

‘n Woordvoerder vir die munisipaliteit, Jodine Cloete het gesê die mense is afkomstig vanf die Oos-en Wes-Kaap provinsies.

Cloete sê die mense is met seisoenale werksgeleenthede gelok.

Dié mense het egter van publieke vervoer gebruik gemaak in die grasietydperk wat deur die regering ingestel is vir persone om interprovinsiaal te reis wat nie in hul eie provinsies was gedurende die inwerkingtreding van die inperking nie.

“Die persone was by die Springbok-skousaal gehuisves. Die nodige maatreëls was getref om die skousaal te ontsmet en die basiese siftingstoetse is gedoen.”

Cloete het verder gesê nodige reëlings was getref om die persone teen Vrydag terug na hul bestemmings te stuur.

“Ons wil graag die breë Namakwaland, veral die Springbok-area gerusstel dat hulle nie hoef bekommerd te wees nie, voorsorgmaatreëls is getref om Namakwa en ons mense veilig te hou.”

Sy sê die munisipaliteit sal voortaan op die uitkyk wees vir soortgelyke situasies.

“Ons is tans in gesprekke met ander provinsies oor hoe om situasies, veral met seisoenaalwerkers te hanteer. Ons bedank ook die plaaslike polisie, departement van veiligheid en skakeling, en die Nama Khoi munisipaliteit vir hul spoedige bydraes.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES