Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
LUR sê departement doen genoeg om Covid-19 onder beheer te hou
Die LUR vir gesondheid in die Noord-Kaap, Mase Manopole. Foto: Facebook

Die LUR van gesondheid, Mase Manopole het vanoggend in ’n onderhoud aan Newzroom Afrika gesê haar departement lewer uitstekende diens om die Covid-19 virus onder beheer te hou in die provinsie.

Manopole se verdediging kom nadat die opposisie in die provinsie glo uitlatings gemaak het dat die departement nie genoeg doen nie, en dat die provinsie glo ‘gevaar’ in die gesig staar oor gevalle van die koronavirus wat nie ‘aangemeld’ word nie.

Manopole het gesê die bewerings is ‘onwetenskaplik’. “Mense wat geidentifiseer word vir verdere toetse na siftingstoetse gedoen is, word getoets vir Covid-19.”

Die LUR het egter aangedring dat ten spyte van uitdagings wat die departement voor die inperking ervaar het, die pogings van die departement effektief is om die verspreiding van die koronavirus onder beheer te hou.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES