Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
President kondig vlak drie aan – Rokers stees aan die gons oor sigaret-verbod
Illustrasie foto: Jason Milford

Gisteraand, 13 Mei was dit President Cyril Ramaphosa se eerste verskyning op die kassie in bykans 3-weke waar hy die land toegespreek het.

Ramaphosa het aangekondig dat sekere dele van die land op vlak drie inperking geplaas kan word. Dit kan insluit provinsies waar die verspreiding van die koronavirus onder beheer is.

In sy openingsrede het Ramaphosa gesê dat die land ‘n hartseer oomblik bereik het in die noodlottige vordering van die koronavirus- pandemie, wat 219 sterftes teweeggebring het.

Ramaphosa het gesê die beste huidige skatting is dat sonder die inperking en die ander maatreëls wat deur die regering ingestel is, sou minstens 80,000 Suid-Afrikaners teen hierdie tyd besmet kon wees en die dodetal minstens agt (8) keer hoër gewees het as wat dit tans is.

“Ons moet nooit vergeet dat die doel van die inperking is om die verspreiding van die virus te voorkom. Tot dusver was ons suksesvol met die manier waarop ons as Suid-Afrikaners gereageer het.”

Maar sleutelbordkrygers was te wagte dat met die inperkingsvlak 4, sou die president dalk die verbod op tabak- produkte en alkohol aanpas, – en daarom het die vraag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei: “Wat het Ramaphosa eintlik gesê?”

Rokers veral gaan tans gebuk onder ‘swartmarkpryse’ gedurende die ‘onwettige’ verkope van sigarette.

Rokers betaal tans tot op R20 per sigaret.

Die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) het gesê dat die grootste deel van sy hofaansoek sal steeds voortgaan om die staat te verplig om die verkoop van die produkte ingevolge vlak 4 van die inperkingsregulasies weer in te stel.

Die vereniging, wie se lede die sigaretvervaardigers Carnilinx en Gold Leaf Tobacco insluit, eis ook toegang tot dokumente wat die besluit om die verbod te behou, bekragtig.

Fita het gesê die regering het ingestem om die verslag van die besluit en die redes vir die bekendmaking van regulasie 27 van die vlak 4-regulasies “so gou as wat redelik moontlik is”, te verskaf.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES