Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Polisie konfiskeer vier sakke dagga tydens padblokkade
Foto: Verskaf

Die polisie op Campbell in die Noord-Kaap, het oor die naweek 4 mans in hegtenis geneem tydens ‘n padblokkade op die N8-pad toe dwelms in hul besit gevind was.

Die dwelms was tydens twee verskeie voorvalle van die vier verdagtes gearresteer.

In die eerste voorval het die polisie ‘n 37-jarige man platgetrek nadat hy dagga in sy besit gehad het.

Dit het aan die lig gekom dat die man vermoedelik koerante vervoer.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die polisie die dwelms van die verdagte gekonfiskeer het.

In ‘n tweede voorval, tydens dieselfde padblokkade, het die polisie wéér beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid dagga.

Drie mans van onderskeidelik 40, 49 en 51 jaar oud is in hegtenis geneem vir die besit en vervoer van dwelms tydens die nasionale staatsinperking.

‘Die drie verdagtes is betrap met vier sakke vol saamgeperste dagga.’

Die dwelms is van alle verdagtes gekonfiskeer en al vier is in hegtenis geneem.

Ramatseba het gesê die voertuie wat gebruik was vir die pleging van die misdaad is ook gekonfiskeer.

Die verdagtes het gister hul verskyning in die plaaslike landdrofhof gemaak op aanklagte van dwelmhandel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES