Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Verkragter kry 20-jaar agter tralies
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

‘n Verkragter is onlangs in die De Aar-streekhof tot 20-jaar tronkstraf opgelê en nóg twéé jaar vir diefstal.

Manual Mogamedi (22) is vroeër vandeesmaand gevonnis nadat hy in September 2018, ‘n 37-jarige vrou verkrag het nadat sy ‘n taverne in die omgewing besoek het.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê die slagoffer was oppad huis toe, toe die verkragter haar aanval.

Mogamedi het ‘n balaklawe gedra en die slagoffer gedreig en wou haar kontant afvat.

Die slagoffer was aangerand en verkrag. Mogamedi het met haar selfoon die pad gevat.

Gamieldien het gesê die deursettingsvermoë en toewyding van die ondersoekbeampte het gelei na Mogamedi se suksesvolle inhegtenisneming.

Mogamedi is uiteindelik op 18 Junie 2019 vasgetrek en het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES