Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Port Nolloth kontrakteur toets glo positief vir Covid-19
Foto: Niruscha van Neel

Die Port Nolloth gemeenskap was vandeesweek in rep-en-roer oor ‘n Wes-Kaapse kontrakteur wat glo positief getoets het vir Covid-19.

Stemboodskappe was gesirkuleer waarin die inligting saamgevat is.

Luidens dié boodsappe het die kontrakteur glo positief getoets nadat hy terug was op eie bodem.

Intussen het raadslede van verskeie politieke partye in die Nama Khoi diensarea gister ‘n virtuele raadsvergadering op Springbok bygewoon.

Tydens die vergadering het raadslede die COVID-19 pandemie, en die uitwerking wat dit het op Namakwaland, bespreek.

Raadslede van grense wat ingestel moet word, melding gemaak om inwoners te beskerm.

Dit kom nadat ‘n Wes Kaapse kontrakteur, wat werk op Port Nolloth gedoen het, glo positief vir Covid-19 getoets het.

Hierdie persoon het ook in kontak gekom met 3 persone, wie se uitslae nog nie bekend is nie.

Werkspermitte van werkers in die Noord-Kaap sal nagegaan word nadat dit aan die lig gekom het dat talle burgers dit misbruik; deur permitte vir hulself uit te reik.

Beplannings van ‘n moontlike heel nuwe diensleweringsproses vir die Namakwa-streek tydends hierdie COVID-19 pandemie, was ook uitgelig.

Dit beteken dat dorpies in die Namakwa streek insette en voorstelle moet in stuur vir dientse waarop verbeter moet word.

Die insette en voorstelle word gewag om sodoende die Namakwa munisipaliteit rigting te gee vir betere dienslewering.

Moontlike befondsing, wat nog goedgekeur moet word, sal bemaak word aan instansies soos tehuise vir bejaardes en persone met gestremdhede.

In ‘n volgende vergadering sal hierdie moontlike befondsing weer bespreek word, asook die insette en voorstelle van gemeenskapslede in die Namakwa-streek.

Hierdie beplanning staan tans bekend as die Groei- en Ontwikkelingsplan vir die Namakwa/ Nama Khoi munisipale diensarea.

Foto: Raadslede hou vergadering oor Zoom (‘n Digitale Vergaderings Platvorm)
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES