Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Noord-Kaap bevestig byna 70 COVID-19 gevalle
Illustrasiefoto: Martin Sanchez op unsplash

Die Noord-Kaap het oor die naweek meer COVID-19 gevalle aangemeld, wat die totale bevestigde gevalle op 69 te staan bring.

Twee gevalle kon nog nie in ‘n distrik verdeel en bevestig word nie.

Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die provinsie, sê dié departement is nog besig om met die nasionale instituut vir oordraagbare siektes oor dié twee gevalle te kommunikeer.

Die department glo dat hierdie twee gevalle aan ‘n ander provinsie verbonde moet wees.

Die regstelling word later vandag deur die departement verwag.

Die COVID-19 gevalle per distrik is soos volg bevestig:

– Frances Baard-distrik:

  • Twee positief bevestigde gevalle in die Sol Plaatjie plaaslike munisipaliteit (wat die getal op 22 te staan bring),
  • Drie positiewe gevalle in die Magareng plaaslike munisipaliteit,
  • Een positief bevestigde geval in die Dikgatlong plaaslike munisipaliteit.

– Pixley ka Seme-distrik:

  • Twee persone het positief getoets in Renosterberg (wat die totaal bring op drie), en
  • Een positief bevestigde geval in Siyathemba.

– ZF Mgcawu-distrik:

  • Een persoon het positief getoets het in die Dawid Kruiper plaaslike munisipaliteit, wat die totaal op ses gevalle te staan bring.

Die gesondheidsdepartement doen ‘n ernstige beroep op alle lede van die gemeenskap en personeel om hul vasberadenheid te versterk in terme van:

  • Sosiale distansiëring van 1-2 meter te handhaaf;
  • Altyd ‘n gesigsmasker te dra;
  • Gereeld hande te was met seep en water vir ten minste 20 sekondes of die gereelde gebruik van ‘n  alkoholgebaseerde handsuiweringsmiddel;
  • Hoesetiket met die gebruik van ‘n sneesdoekie of ‘n gebuigde elmboog;
  • Vermy om aan u oë, neus of mond te raak;
  • Ten alle tye tuis te bly en net die huis verlaat vir noodsaaklikhede

‘Ons is dit aan mekaar verskuldig om die regte ding te doen.’

Die jongste COVID-19 statistieke in Suid-Afrika dui dat altesaam 32 683 gevalle sedert die uitbreking bevestig is.

Die sterftesyfer staan tans op 683 en 16 809 mense het al van die virus herstel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES