Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
‘SA jeug moet ekonomie herstruktureer na pandemie’ – Ramaphosa
Cyril Ramaphosa Foto: gov.za

President Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê jong Suid-Afrikaners moet gebruik maak van die geleenthede wat uit die COVID-19-pandemie gekom het om die ekonomie te herstruktureer.

Ramaphosa het op ‘n virtuele platform met jeugdiges gesels as deel van die herdenking van Jeugdag op 16 Junie.

Hy het die jeug aangemoedig om leiding te neem met innoverende idees om die land meer inklusief te maak.

Ramaphosa het die jeug aangespoor om na die silwer randjie in die COVID-19-pandemiekrisis te kyk en gesê daar is baie geleenthede om daaruit te put.

Die president was vol vertroue dat, ‘as jongmense finansiële steun kry, hulle sou floreer om die ekonomie te verander.’

“Ons het jong ondernemers en sake-eienaars nodig, wat deur hul innoverende idees hul gemeenskappe ten goede kan verander en nuwe werksgeleenthede kan skep.”

“Ons het uitmuntende jong mense in die wetenskappe, navorsing, sport, vermaak en ander terreine wat ons land op wêreldplatforms en podiums verteenwoordig het,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het gesê die jeug moet die verandering bring wat hulle in die land wil sien.

Hy het Suid-Afrikaners ook aangemoedig om jong ondernemings te ondersteun wat probeer het om die finansiële onrus wat COVID-19 veroorsaak het, te oorleef.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES