Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Vrou in hegtenis vir ma se moord
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash.

Die polisie op Sunrise buite De Aar in die Noord-Kaap het ‘n 31-jarige vrou in hegtenis geneem in verband met die moord op haar ma.

Die voorval het oor die naweek in die Kareeville-area op Sunrise plaasgevind.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba sê die slagoffer is na die hospitaal gehaas vir behandeling en het gisteroggend aan haar wonde beswyk.

“Die verdagte sal na verwagting binnekort voor die plaaslike landdroshof verskyn, hangende verdere polisie-ondersoeke.”

Die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.

Die provinsiale kommissaris het ook ‘n beroep op lede van die gemeenskap gedoen om hulp van professionele persone te soek eerder as om probleme met geweld op te los.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES