Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Ses skole gesluit in NK weens COVID-19-infeksies
Illustrasie foto: Mwesigwa Joel op Unsplash

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap het in ‘n skrywe bevestig dat ses skole in die provinsie weens COVID-19-infeksies gelsuit is.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van Der Merwe sê dat hierdie skole hoofsaaklik in die Pixley Ka Seme-distrik geleë is.

Die departement van gesondheid is tans besig om kontaksporing en massatoetsing by die skole te doen.

Van Der Merwe sê die departement monitor tans die situasie baie noukeurig en sorg dat alle veiligheidsmaatreëls by skole in plek is.

“Alhoewel 6 skole tot dusver geraak is, moet ons aandui dat dit nie ‘n uiteensetting van COVID-19-infeksies is nie, maar eerder individuele gevalle wat bevestig is.

As departement neem ons alle voorsorgmaatreëls om die verspreiding van COVID-19 in skole te bekamp.”

Die volgende skole is tot dusver gesluit:
1. Laerskool Carnavon
2. Hoërskool Enoch Mthetho
3. Laerskool Ikhwezi Lokusa
4. Hoërskool Phillipstown
5. Laerskool Zingisani
6. Laerskool Beacon

Sommige van die geslote skole het hul resultate ontvang van die kontakspore, wat negatief teruggekom het.

“En daarom berei ons hierdie skole voor om weer te heropen”, sê Van Der Merwe.

As ‘n positiewe saak by ‘n skool bevestig word, doen die departement onmiddelik kontaksporing en dekontaminasie.

Die departement herinner ouers dat goeie higiëne bydra tot voorkoming en dat opvoeding daarvan, tuis begin.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES