Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
OPVOLG: Skole in NK gesluit weens COVID-19 infeksies
Illustrasie foto: Mwesigwa Joel op Unsplash

Nóg 7 skole in die Noord-Kaap is weens COVID-19 infeksies deur die departement gesluit.

Die jongste sluiting kom voor in die Pixley Ka Seme-distrik, toe Hoërskool Veritas verlede week Vrydag gesluit is.

‘n Woordvoerder vir die departement van onderwys, Geoffrey Van Der Merwe sê die volgende skole is tot dusver in die provinsie gesluit:
1. Laerskool Carnavon
2. Hoërskool Enoch Mthetho
3. Laerskool Ikhwezi Lokusa
4. Hoërskool Phillipstown
5. Laerskool Zingisani
6. Laerskool Beacon
7. Veritas Hoërskool

“Hierdie skole is hoofsaaklik in die Pixley Ka Seme-distrik geleë, waar die departement van gesondheid tans massatoetsing onderneem.”

Die departement beklemtoon dat dit individuele gevalle is wat aangemeld is, en dat hulle saamwerk met die Departement van Gesondheid om die kontaksporing suksesvol af te handel.

Sodra ‘n positiewe saak aangemeld is, ontsmet die departement die skool onmiddellik.

“Intussen het ons die uitslae ontvang van die kontroversies vir die Laerskool Zingisani, en ons berei voor om die skool te heropen”, sê Van Der Merwe.

Ouers word herinner dat goeie higiëne tuis begin.

Die dra van maskers, sosiale distansiëring en deur gereeld hande te was, bevorder voorkoming.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES