Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Eskom waarsku dat onveilige bedrading lewens kan kos
Illustrasie foto: Matthew Henry on Unsplash

ESKOM het gemeenskappe versoek om op die behoorlike installasie en onderhoud van elektriese drade in hul huise staat te maak, aangesien dit ‘n kwessie van lewe en dood kan wees.

Dit kom nadat ‘n voorval op De Aar onder Eskom se aandag gebring is, waar ‘n 10-jarige seun dood is weens ‘n elektriese skok.

Die seun het na bewering vroeër vanjaar aan ‘n elektries-gelaaide TV-antenne, buite sy huis geraak het.

Daar word vermoed dat die seun doodgeskok het, as gevolg van die onveilige bedrading van elektriese koorde met beskadigde isolasie.

In die verslag, uit die tegniese ondersoek na die noodlottige voorval, is opgemerk dat die beskadigde koord opgeskort is deur ‘n staaldraad wat aan ‘n staaldak vasgemaak is.

Die verslag het verder onthul dat die TV-antenne ook aan die staaldak vasgemaak is, en dit was die finale aansluiting wat onveilige bedrading veroorsaak het.

Die senior bestuurder vir beroepsgesondheid en -veiligheid by Eskom, Miranda Moahlodi, sê in ‘n verklaring dat baie huiseienaars van mening was dat elektrisiteit belangriker is as om seker te maak dat dit korrek geïnstalleer en onderhou word.

‘Hierdie denke moet verander,’ het Moahlodi gesê.

“Dit is altyd jammer vir ons by Eskom, as ons hoor van diegene wat hul lewens verloor het weens onveilige bedrading.”

Moahlodi het huishoudings versoek om seker te maak dat hul bedrading behoorlik geïnstalleer is en gereeld deur ‘n erkende elektrisiën, met ‘n sertifikaat van voldoening, nagegaan moet word.

“Dit verseker dat die regte materiale en installasietegnieke van die begin af gebruik word”, voeg hy by.

“Eskom het kliënte aangespoor om hul blitslyn by, 08600 37566 te kontak; wanneer hulle probleme ondervind, soos voortdurende staking van elektrisiteit of wanneer hulle onveilige en onwettige verbindings in hul gemeenskappe wil aanmeld.”

Please follow and like us:
News, Reis en toerisme

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES