Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Jongman kry 20 jaar tronkstraf vir verkragting van 11-jarige
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

‘n 21-Jarige man is in die Petrusville-streekhof op 30 Junie tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 11-jarige seun.

Die voorval het alreeds op 30 Julie 2017 plaasgevind en die skuldige is in Januarie 2019 deur die polisie platgetrek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi sê dat die verdagte onbekend was totdat hy positief geïdentifiseer was tydens ‘n foto-identiteitsparade.

Die insident het plaasgevind toe die slagoffer met sy vriende in ‘n nabygeleë veld gespeel het.

Tydens ondersoeke is borgtog suksesvol teengestaan ​​en die verdagte was in aanhouding tot sy vonnisoplegging vroeër vandeesweek.

“Hy is Dinsdag, 30 Junie in die streekhof op Petrusville skuldig bevind en 20 jaar tronkstraf opgelê vir verkragting.”

Die provinsiale polisie het die vonnis verwelkom en beloof om voortaan steeds misdaad in gemeenskappe te bestry.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES