Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man 18 jaar tronkstraf opgelê vir verkragting
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

Kagisho Khatwane (36) is op 30 Junie tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 38-jarige vrou.

Die verkragter is in die streekhof op Galeshewe gevonnis.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het die voorval bevestig en vonniesoplegging verwelkom.

Die voorval het alreeds op 10 Mei 2017 plaasgevind toe die verdagte met die slagoffer gesels het en haar daarna gegryp het.

Die skul`dige het toe die 38-jarige vrou verkrag en probeer om weg te kom.

Khatwane is in hegtenis geneem en borgtog is suksesvol teengestaan.

Khatwane sal 18 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES