Boere in die Noord-Kaap het steeds hoop vir droogtehulp

0
Baie boere in die westelike- en sentrale dele van die Noord-Kaap, gaan steeds erg gebuk onder droogte.
Die provinsie is alreeds as ‘n droogterampgebied verklaar en die COVID-19 pandemie het boere in die streek se uitdagings vermeerder.

Die vise-president van Agri Noord-Kaap, Willem Symington, het gesê dat boere in die streek wel optimisties is, dat die droogte tydens die somerreënvalperiode gebreek sal word.

“Symington het bevestig dat daar steeds droogtehulpfondse is, wat nog nie aan boere in droogtegeteisterde gebiede uitbetaal is nie.”

Voorspellings vir goeie reëns lyk baie goed in die komende seisoen, nadat ‘n groot gedeelte van die provinsie oor die afgelope twee weke, verspreide buie ervaar het.

Agri SA het ook met die aanvang van die nasionale grendelstaat, hulp aan boere in die land verskaf.

Symington sê verder dat verskeie ander bedrywe ook groot skade gely het, tydens die COVID-19 pandemie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.