NSFAS-aansoeke oop vir 2021!

0

Aansoeke vir NSFAS vir die 2021 akedemiese jaar is oop, en studente kan nou aansoek doen.

Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema bied finansiële hulp, in die vorm van studiebeurse aan kwalifiserende studente, wat van plan is om te studeer aan TVET-kolleges en openbare universiteite in die land.

Aansoekers wat aanvaar word vir NSFAS-befondsing, is gedek vir registrasie-fooie en klasgelde.

Studente ontvang ook toelaag vir kos, leer materiaal, persoonlike sorg, akkomodasie en vervoer.

Voornemende studente kwalifiseer net vir ‘n NSFAS beurs as die student ‘n Suid-Afrikaanse burger is, wat beplan om te studeer by ‘n openbare universiteit of TVET-kollege in die land.

Ons eie plaaslike TVET-kollege, Namakwaland Kampus op Okiep, aanvaar ook studente wat deur NSFAS befonds word.

Aansoekers moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • Die student moet sy/haar eie selfoon nommer en e-pos adres het.
  • ‘n Kopie van die student se identiteitsdokument of geboorte sertifikaat.
  • Kopieë van die student se ouers/voogde se identiteitsdokumente.
  • Die ouers/voogde se bewys van inkomste.
  • As die student ‘n SASSA-toelaag ontvang, hoef hulle nie ‘n bewys van inkomste in te dien nie.
  • Studente met ‘n gestremdheid moet ‘n voltooide en ondertekende ongeskiktheidsbrief indien.

Studente kan aanlyn aansoek doen vir NSFAS, deur die gebruik van ‘n selfoon, tablet en of rekenaar.

Volg die maklike stappe om aansoek te doen:

Stap 1- Besoek hul webtuiste by www.nsfas.org.za en klink op die “myNSFAS” seleksie.

Stap 2- Klik op ‘register’ om ‘n ‘myNSFAS’ rekening te open.

Stap 3- Klik dan op ‘apply’ en beantwoord vir vrae op die skerm.

Stap 4- Laai dan die vereisde dokumente en klik dan ‘dien in’.

“Besoek www.nsfas.org.za, om aansoek te doen en vir meer inligting.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.