Skenk bloed en red ‘n lewe hierdie feestyd

0

Bloedvoorraad wissel dwarsdeur die jaar, en dis net ‘n kort rukkie, dan is die feestyd in volle swang.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het minder as drie dae se groep O-bloed in voorraad, wat baie laer is as die vyf dae voorraad wat nodig is om die land se behoefte aan bloed, te onderhou.

Die bloedbank het ‘n nypende tekort aan bloedvoorraad, in die mate dat dit moontlik nie aan die voldoende beskikbare bloed vir pasiënte in nood, gedurende die feestyd sal kan voorsien nie.

Die bloedbank doen ‘n dringende beroep op alle potensiële en bestaande bloedskenkers wat bloed kan skenk, om ‘n bloedbank te besoek om hul kosbare eenheid bloed te skenk.

Alhoewel die feestyd vir die meeste mense baie lekker is, is dit ‘n moeilike tydperk vir dokters wat werk.

“Dokters vind dit soms moeilik om lewens te red; want bloed en bloedprodukte is nodig om dit te doen.”

“Desember is tradisioneel ‘n moeilike tyd vir die SANBS, met beperkte toegang tot korporatiewe bloedstasies en beskikbaarheid van skenkers, wat ‘n invloed het op die vermoë om die minimum van 3 500 eenhede bloed per dag te versamel, wat nodig is om pasiënte te behandel.

Ons benader hierdie seisoen met lae eenhede en ons weet dat moeilike tye voorlê as donateurs nie reageer op ons oproep om hand by te sit nie,” het Ravi Reddy gesê, SANBS se bedryfshoof .

Die bloedbank se onvermoë om toegang tot plekke vir bloedstasies te kry, belemmer ook die insameling om teikens suksesvol te bereik.

Die gevolg is dat die bloedvoorraad steeds daal.

‘Ons groep O-bloedvoorrade het aansienlik gedaal en ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ‘n eenheid bloed te skenk ten behoewe van diegene wat dit nodig het,’ het Reddy bygevoeg.

Die SANBS doen ook ‘n beroep op die publiek om lokale vir bloeddienste beskikbaar te stel.

Geskikte lokale sluit in ruimtes wat toeganklik en oop is vir die publiek.

‘Terwyl ons die besige vakansie tydperk ingaan, kom ons voor dat daar ‘n besondere uitdagende situasie voorlê.”

Alle gewillige en die wat in aanmerking kom om bloed te kan skenk, word versoek om hul naaste mobiele en vaste skenkersentrums te besoek.

As u is in staat om bloed te skenk, besoek die SANBS se webwerf en bespreek ‘n bloedtoets.

Vir meer inligting, kontak hul inbelsentrum by 0800 11 9031 of besoek hul webwerf by www.sanbs.org.za.

Die bloedbank sal op Maandag, 07 en Dinsdag, 08 Desember, in die Skousaal op Springbok, bloedeenhede in te samel.

Op Maandag, tussen 13H00 en 18H30, en op Dinsdag, tussen 07H30 en 11H00.

Die teiken is om 110 eenhede in te samel, tydens die besoek aan Springbok.

Elke skenker sal ‘n blykie van waardering ontvang.

Vir navrae, kontak SANBS Upington by 051 400 6840.

Leave A Reply

Your email address will not be published.