Plaasvervanger-onderwysers beskuldig departement van nie-betaling

0

Onderwysers in Kimberley in die Noord-Kaap het ‘n vreedsame optog van stapel gestuur, na bewerings van nie-betaling in Desember 2020.

Alle plaasvervanger-onderwysers in die provinsie het maar ‘n somber kersgety beleef sonder hul salarisse, met sommige wat voor die departement van onderwys se kantore in Kimbeley gekamp het.

Omtrent 20 plaasvervanger-opvoeders in die provinsie was geraak.

“Die departement het egter hierdie aantuigings ontken en gesê dat hulle alle betalings in Desember 2020 gemaak het.”

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van der Merwe het gesê dat hulle betalings-rekords geen foute of ongerymdhede getoon het nie.

“Volgens ons rekords is alle plaasvervanger-onderwysers betaal”, het Van der Merwe gesê.

Hy het egter alle onderwysers wat nie betaal is nie, aangeraai om self met hom kontak te maak sodat die uitdaging oorkom kan word.

Die departement ondersoek die saak verder.

Leave A Reply

Your email address will not be published.