R50 000 beloning daargestel vir misdadiger op vrye voet

0

Inwoners op Kamieskroon asook die breë gemeenskap van die Namakwa-distrik, word gevra om asseblief op die uitkyk te wees vir Jacobus (Corrie) Davis.

Davis saai al sedert verlede jaar verwoesting in die gebied, deur middel van huisbrake, diefstal en ontsnapping.

NFM Nuus het in April verlede jaar alreeds verslag gedoen oor Davis, wat ‘n moontlike gevaar vir boere kan inhou.

“Lede van die Koringhuis Boerevereniging het erg onder Davis se misdade gebuk gegaan, en bied nou ‘n beloning van R50 000 aan vir enige inligting wat tot Davis se inhegtenisneming kan lei.”

‘n Inwoner op Kamieskroon het haar misnoë aan NFM Nuus uitgedruk en vertel dat boere in die omgewing al raadop is.

Davis takel net plase en is volgens gerugte steeds in die Kamieskroon omgewing of omliggende gebiede.

Enigeiemand wat inligting het rondom die misdadiger wat op vrye voet is, kan Kaptein Gert Coetzee kontak by, 082 448 4479 of die Springbok SAPD speurder op bystand, by 082 495 5279.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.