Polisie kom op meer as R500 000 se khat-tablette af
Die Noord-Kaapse polisie in samewerking met die Kimberley honde-eenheid, het vroeër hierdie week ‘n enorme vonds dwelms in die stad ontdek.
Die polisie het op ‘n verdagte perseel in Stockdalestraat, in die Central Business-distrik toegeslaan.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die polisie op inligting gereaggeer het, en ‘n soek-en beslagleggingsoprasie op die geïdentifiseerde perseel van stapel gestuur.
“Die polisie het niemand op die perseel gevind nie, maar het op 28 klein deursigtige plastieksakke, gevul met vermeende khat-tablette afgekom.”
Die dwelms het ‘n beraamde straatwaarde van R580 000-00.
Gamieldien sê die polisie het ‘n navorsingsdossier is vir verdere ondersoeke geopen.
Nog geen arrestasies is gemaak nie.