Tien op Upington in hof oor bedreigde plantspesies

0

Die Springbok-veediefstal-en-bedreigde spesies eenheid het oor die naweek tien verdagtes in hegtenis geneem, nadat hulle in besit was van bedreigde plantspesies.

Die verdagtes is in hegtenis geneem toe die polisie hul ‘Buy&Bust’ operasie uitgevoer het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die verdagtes, wie se ouderdomme tussen 24 en 37 jaar wissel, in besit was van bedreigde plantspesies op Upington.

Die volgende plante is van die verdagtes gekonfiskeer:

– 4230 conophytum calculus plante

– 3040 conophytum pageae plante

– 480 conophytum globosum plante

– 755 Conophytum roodeae plante

– 280 conophytum uniforme plante

“Die beraamde straatwaarde van die bedreigde plantspesies beloop R400 000.”

Ramatseba sê die polisie het ook ‘n Chevrolet-bakkie en ‘n Toyota Corolla gekonfiskeer, nadat dit in die pleging van ‘n misdaad gebruik is.

Die verdagtes sal na verwagting vandag voor die Upington-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.