Namakwa-distrik nou ‘n potensiële Covid-19 brandpunt

0

Die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap het ‘n potensiële Covid-19 brandpunt geword.

Die provinsie se gesondheidsamptenare het bevestig dat koronavirusinfeksies toeneem in al die provinsies.

Hulle het die skuld gepak op diegene wat nie by die beperkings en protokolle vir gesondheidsveiligheid gehou het nie.

Altesaam 3 675 aktiewe Covid-19 gevalle is in die Noord-Kaap geregistreer.

Van 31 Desember 2020 tot 5 Januarie vanjaar is 1 208 nuwe gevalle opgetel.

Gedurende hierdie tydperk het die provinsie ‘n gemiddelde daaglikse toets-positiwiteitskoers van 28% aangeteken.

“In die Namakwa-distrik is ‘n toets-positiwiteitskoers van 55% aangeteken, wat beteken dat meer as die helfte van die mense wat getoets is, Covid-19 onder lede het.”

1 397 Aktiewe gevalle van koronavirus is in die distrik gediagnoseer.

Die afgelope twee weke was daar ‘n toename van 41% in pasiënte wat hospitalisasie benodig.

Syfers toon dat 445 COVID-19-sterftes in die provinsie aangeteken is, terwyl meer as 23 500 mense herstel het.

 

Bron: www.ewn.co.za

Leave A Reply

Your email address will not be published.