Namakwa teken die meeste Covid-19 gevalle in NK aan

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 133 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Die Nama Khoi regsgebied het 59 nuwe gevalle bevestig – die meeste gevalle per distrik.”

Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied is tans 1 388, maar 437 persone het alreeds van Covid-19 herstel.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is daar 11 Covid-19 verwante sterftes in die distrik bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 940 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Die Namakwa distrik het tot op hede 2 231 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.

14 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 1 530 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mhkize, het aangekondig dat ‘n addisionele 332 mense positief getoets het in die Noord-Kaap, wat die totaal positief bevestigde gevalle op 27 973 te staan bring.

As gevolg van deurlopende dataverifiëring is sewe (7) voorheen bevestigde gevalle, wat verkeerdelik aan die provinsie toegeken is, verwyder en dienooreenkomstig toegedeel.

Die Noord-Kaap se kumulatiewe sterftes weens die virus het intusssen gestyg tot 445.

Die provinsie se aktiewe gevalle van Covid-19 staan tans op 3 770, die genesings op 23 756, en ‘n herstelkoers van 85%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.