Gariep Mediclinic toon 400% toename in hospitalisasies

0

Die Gariep Mediclinic in Kimberley, in die Noord-Kaap is tans onder geweldige druk, nadat meer hospitalisasies weens Covid-19, sedert die aanvang van die nuwejaar plaasvind.

President Cyril Ramaphosa het in sy laaste toespraak in 2020 gesê dat die land se hospitale en gesondheidswerkers skarrel om kop bo water te hou, met die toeloop van pasiënte wat met Covid-19 gediagnoseer is.

‘n Woordvoerder vir die gesondheidsfasiliteit, Denise Coetzee het bevestig dat die Mediclinic ‘n toename van 400% in Covid-19 pasiënte getoon het.

“Die Gariep Mediclinic gebruik ook nou meer suurstof as gevolg van Covid-19 – minstens 1.2 ton word per dag gebruik.”

Coetzee het egter bygevoeg dat die Gariep Mediclinic toegerus is met genoegsame beddens en ventilators, asook gesondheidspersoneel.

 

Bron: OFM Nuus

Leave A Reply

Your email address will not be published.